Hoër Jongenskool se eerste muurbalspan het die naweek van 11-13 Augustus 2017 aan die SA Topskole-toernooi in Pietermaritzburg deelgeneem. Die span verwerf ’n bronsmedalje en eindig sodoende as die derde sterkste muurbalspan in Suid-Afrika.
Foto heel bo van links na regs:
Agter: Me D Redelinghuys, Joshua Shone
Middel: Nicholas Cronje, Corné Crous, Carel Matthee (kaptein), Luke van Vuuren
Voor: Robert Matthee en me W Louw