Drie van HJS in die Paarl se leerders het van 27 Desember 2018 tot 12 Januarie 2019 aan die Kalahari Vasbyt deelgeneem. Die Vasbyt behels onder andere strawwe liggaamsoefening, brugsprong (bungee), witwatervaart, kennis oor die bos en ? moordende roetemars. Jy moet dit alles voltooi om die Vasbyt te slaag. Ons manne het Boishaai vanjaar trots gemaak: Almal het geslaag.
Vanjaar het ons na die Victoria-val gevlieg en daar ons toer begin. Ons het afbeweeg deur Chobe, Savuti, Moremi (Khwai), Maun, Sentraal-Kalahari, Khama Rhino-reservaat en uiteindelik terug in SA by Klein Kariba afgesluit.
“Die Vasbyt is nie net ? paar dae in die bos se swaarkry nie, maar ? avontuur van ? leeftyd waartydens jy lewenslange broers maak. Ons kry saam swaar en ons deel in mekaar se geluk, ons leer oor die natuur, onsself en hoe om ons grense te verskuif. Leierskap, spanwerk en verantwoordelikheid is ook groot fokuspunte op die Vasbyt.” – Armandt Coetsee (17)
When you arrive on the Vasbyt you are very uncertain of what to expect, but you will quickly learn that only the very best is acceptable. You are there to become a winner in every aspect of your life and when you get onto that plane to go home you find yourself not only thinking of how you are going to be a winner, but how you are going to help others become winners too.
The Vasbyt will change your life for the better by instilling cardinal disciplines and providing you with a broader perspective on life.
A Vasbyter is a leader, servant and winner and never backs down from a challenge.
Foto: Armandt Coetsee (17), Sebastian Lombard (16) en Emile le Roux (16)