Die Wynlande Sporttoekennings is verlede Vrydagaand tydens ’n spoggeleentheid by die Mistico-konferensiesentrum aan die voorste sportmanne en -vroue oorhandig.
Die HJS-atletiekspan is saam met heelwat ander spanne genomineer. Slegs die topdrie spanne is tydens die aand aangewys, met Hoër Jongenskool Paarl se span wat die tweede plek behaal.
Baie geluk aan al die atlete wat bygedra het tot die pragtige prestasie.