Hoër Jongenskool Paarl het tweede beste in land geëindig in die Nasionale Spine Road Rekeningkunde Olimpiade wat Saterdag, 12 Augustus 2017 in samewerking met KPMG by Spine Road Hoërskool, Mitchell’s Plein in Kaapstad aangebied is. Die vrae word deur KPMG opgestel.
Die span van Hoër Jongenskool het saam met Westerford Hoërskool eerste geëindig, waarna ’n uitkloprondte gespeel is en Hoër Jongenskool met die tweede posisie tevrede moes wees.
Foto heel bo:
Agter: Daniël du Plessis, me. W Louw (departementshoof Rekeningkunde), Gerard de la Bat
Voor: Gustav Coetzé en Henry le Roux