Barbara de Kock, o.13 netbalspeler van Hoër Meisieskool Paarl, het die afgelope vakansie vir die o.13 Willows Wes-Kaap Netbalspan uitgedraf by die SA All Ages toernooi. Sy het behoorlik die baan aan die brand gespeel en is drie keer aangewys as die speler van die wedstryd.
Haar span het vierde uit die drie en twintig spanne geëindig.