Op 18 Mei het GWK Karoofees ān groot bederf vir die inwoners van Sonder Sorge en Op die Kruin aangebied.
Die oggend is afgeskop met vermaak wat verskaf is deur die personeel van Hoƫrskool De Aar. Die inwoners is
vermaak met onder andere sangitems en klavierspel.
Daar was selfs ān poppekas-item wat een en elkeen in die gehoor se lagspiere geprikkel het. Leandro de Carvalho het ook met sy wonderlike sangtalent die gehoor aan sy lippe laat hang.
Daarna is hamburgers met skyfies as hoofgereg bedien. As nagereg het die inwoners gesmul aanĀ roomys met sjokoladesous.
Foto bo: Die senior burgers van Sonder Sorge en Op die Kruin