Guiness World Record. Neels de Waal is ‘n oud-Uppie. Hy het in 2005 by Uppies matrikuleer. Neels kan nou ‘n Guiness World Record agter sy naam skryf. Dit gaan oor die maksimum afstand afgelê op ‘n fiets op rollers in 12 ure.
Onbewus van rekord
Heeltemal onbewus van ‘n bestaande rekord, het hy aan die begin van 2019 besluit om as deel van sy voorbereiding vir die Cape Town Cycle Touer (Cape Augus), te kyk of hy vir 12 ure lank op rollers sal kan ry en watter afstand hy sal kan bereik. Dit het hy toe gedoen met sy resiesfiets by sy huis in Bellville. Enkele weke later krap hy toe op die internet rond en sien dat daar reeds ‘n Guiness rekord was van 12 ure oor 507,5km. Hy het dus hierdie rekord met minder as ‘n kilometer gemis. Toe weet hy dat hy dit ook sal kan regkry.
Oefen vir ‘n jaar
‘n Jaar se oefening het gevolg en in samewerking met Guiness World Record se hoofkantoor in London, pak hy toe sy rekordpoging aan op 20 Maart 2020 (toe reeds in Covid-tyd). Jy stop net gou as jy bv. toilet toe wil gaan. Verder moet jou eet- en drinkgoed byderhand wees of vir jou aangegee word terwyl jy fietstrap. Hy steek toe die bestaande rekord reeds op 10 uur 44 minute verby, en na sy 12 uur eindig hy by 575,5 km. Dit is ‘n drastiese verbetering op die bestaande rekord.
Vereistes
Een vereiste was dat daar gelyktydig 3 afsonderlike ononderbroke video’s geneem moes word om die volle 12 ure van die rekordpoging te dek. Die mense van Guiness het ‘n jaar en een week geneem om al die video’s en ander aspekte van die rekordpoging te ontleed en beoordeel. Die rede is dat daar aan absoluut alle vereistes voldoen moet word. Uiteindelik het Guiness World Record volle erkenning vir hierdie rekord gegee.
Foto verskaf
Lees meer oor Hoërskool Upington: