)

Guiness World Record – Oud-Uppie behaal rekord op fietsrollers

Guiness World Record. Neels de Waal is ‘n oud-Uppie. Hy het in 2005 by Uppies matrikuleer. Neels kan nou ‘n Guiness World Record agter sy naam skryf.  Dit gaan oor die maksimum afstand afgelê op ‘n fiets op rollers in 12 ure.

Onbewus van rekord

Heeltemal onbewus van ‘n bestaande rekord, het hy aan die begin van 2019 besluit om as deel van sy voorbereiding vir die Cape Town Cycle Touer (Cape Augus), te kyk of hy vir 12 ure lank op rollers sal kan ry en watter afstand hy sal kan bereik.  Dit het hy toe gedoen met sy resiesfiets by sy huis in Bellville.  Enkele weke later krap hy toe op die internet rond en sien dat daar reeds ‘n Guiness rekord was van 12 ure oor 507,5km.  Hy het dus hierdie rekord met minder as ‘n kilometer gemis.  Toe weet hy dat hy dit ook sal kan regkry. 

Oefen vir ‘n jaar

‘n Jaar se oefening het gevolg en in samewerking met Guiness World Record se hoofkantoor in London, pak hy toe sy rekordpoging aan op 20 Maart 2020 (toe reeds in Covid-tyd).  Jy stop net gou as jy bv. toilet toe wil gaan. Verder moet jou eet- en drinkgoed byderhand wees of vir jou aangegee word terwyl jy fietstrap.  Hy steek toe die bestaande rekord reeds op 10 uur 44 minute verby, en na sy 12 uur eindig hy by 575,5 km. Dit is ‘n drastiese verbetering op die bestaande rekord. 

Vereistes

Een vereiste was dat daar gelyktydig 3 afsonderlike ononderbroke video’s geneem moes word om die volle 12 ure van die rekordpoging te dek.  Die mense van Guiness het ‘n jaar en een week geneem om al die video’s en ander aspekte van die rekordpoging te ontleed en beoordeel. Die rede is dat daar aan absoluut alle vereistes voldoen moet word.  Uiteindelik het Guiness World Record volle erkenning vir hierdie rekord gegee.     

Foto verskaf

Lees meer oor Hoërskool Upington:      

https://schoolsthatrock.co.za     

https://www.uppies.co.za/ 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal