Griffons 0.16 Akademiespan. 🏉 Bul Rademeyer blink uit op rugbyveld!
Bul Rademeyer, ’n leerder aan Welkom Gimnasium, het onlangs ‘n groot sportprestasie behaal. Hy is aangewys is as kaptein van die Griffons o/16 Akademiespan. Sy uitsonderlike spel het daartoe gelei dat hy ook as Speler van die Wedstryd aangewys is tydens hul wedstryde teen beide die Pumas en die Limpopo Bulle.
Daarna het Bul nóg ’n prestasie behaal: Hy is gekies vir die Rugby Travel Academy (RTA) se SA Invitational XV-span, wat in Desember 2025 aan die Global World Schools Challenge in Spanje sal deelneem.
Die Gimmies is uiters trots op jou, Bul! Jou toewyding en passie vir rugby is werklik inspirerend en ’n voorbeeld vir medeleerders.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








