Vlnr: Jason Schimper, Ben Scholtz, Lieb du Raan, SP Viljoen, Nic Reis, Cornel Liebenberg, en Gerrie Henning
Grey Kollege se eerste tennisspan het vanaf 15–17 April 2021, aan die 16de Zest Gerrie Berner toernooi in Stellenbosch deelgeneem en ‘n tweede plek verower!
Hulle klop Oakdale 7-0 en Affies 6-1 en in ‘n taai stryd seëvier dié span oor Paarl Bois met 4-3.
In die semi-finaal klop die Grey-manne vir Kearsney Kollege met 4-0, maar val in die finaal vas teen die gasheerskool, Paul Roos met 0-4.
Foto geneem deur Marnus van Wyk