‘n Groot eer het GJ Maree (gr. 11) van Grey Kollege te beurt geval!
Hy is uitgenooi na die SA o/19 TAP krieketkamp wat vanaf 26-30 April te Pretoria aangebied word en hy is boonop die enigste Vrystater wat uitgenooi is!
GJ is’ n kolwer en paaltjiewagter vir die 1ste span, asook die onderkaptein van die span.
Foto geneem deur Rikus van Wyk