)

Grey Kollege – Skoolhoof groet na nege jaar

Grey Kollege. Mnr Deon Scheepers, Skoolhoof van Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein, neem binnekort afskeid van die skool na ‘n termyn van nege jaar. Hy is aangestel as die nuwe skoolhoof van Hoërskool Wynberg in die Wes-Kaap vanaf Januarie 2022.

Mnr Scheepers was sedert Januarie 2013 skoolhoof van Grey Kollege. As skoolhoof het hy die afgelope nege jaar gepoog dat daar ‘n plek is vir elke Grey-seun by Grey Kollege. Verder ook dat elke seun voel dat hy deel is van die skool. Op die skoolgronde, in die koshuise, tydens saalperiodes en tydens akademiese en nie-akademiese aktiwiteite het seuns vanuit verskillende kulturele agtergronde daaglikse interaksie met mekaar. Die gevolg hiervan is dat seuns mekaar respekteer. Totale toewyding tot respek vir die individu, toewyding tot uitmuntendheid, lojaliteit aan Grey se tradisies, was die grondslag van sy opvoedingsideaal. Voeg daarby respek vir die omgewing en ‘n Christelike opvoedingsfilosofie en-praktyk.

Opvoeding in sy bloed

Die opvoeding van jong mense, maar veral seuns, is in sy bloed. Dit is deel van sy DNS siende dat mnr Scheepers ook by ander bekende seunskole betrokke was. Hy was by Hilton College (twaalf jaar) en Michaelhouse (twee jaar). By Grey Kollege Sekondêr was hy vir ses jaar voordat hy skoolhoof geword het. Hy is ook self ‘n oud-Grey wat vanaf graad 8 tot 12 ‘n koshuisleerder was.

Vir die afgelope nege jaar was Mnr Scheepers ‘n invloedryke en sisionêre leier met ‘n transformerende leierskapstyl. Dit is geanker in sterk Christelike waardes en -beginsels. Gedurende sy tyd by die skool, het hy hom beywer om betekenisvolle verhoudings met al die verskillende belanghebbendes by die skool en onder die Grey gemeenskap te ontwikkel. Dit sluit ook die alumni in. Hy het ook addisionele strukture, sisteme en prosesse ontwikkel ter ondersteuning en uitbouing van ‘n kultuur van uitnemendheid. Dit het Grey Kollege Sekondêr in staat gestel het om sy status as ‘n toonaangewende skool, beide in Suid-Afrika en internasionaal, in stand te hou en uit te bou.

Rapporteringstruktuur

‘n Sterk hiërargiese en piramidiese rapporteringstruktuur is vervang met ‘n stelsel van deelnemende bestuur en -besluitneming. Alle betrokkenes het eienaarskap vir uitslae en prestasies geneem. Ten einde deelname, persoonlike ontwikkeling en eienaarskap te ontwikkel, is ‘n spanbenaderingsfilosofie ingestel. Spanleiers is aangestel en het, in samewerking met die skoolhoof, die strategiese rigting van die kernareas by die skool bepaal.

‘n Bemarkingsdepartement en Menslike Hulpbronne departement is ook geskep. Die skool het tans die grootste sosiale media volgers vir ‘n skool in Suid-Afrika. Grey Kollege Sekondêr is ook nou betrokke by verskeie uitreik inisiatiewe. Die skool is betrokke by beide plaaslike en nasionale welsynsorganisasies en projekte.

Die skep van die Sentrum vir Leer en Ondersteuning is een van die hoogtepunte van sy tydperk as skoolhoof van Grey Kollege Sekondêr. Hier ontvang die seuns beide emosionele en akademiese ondersteuning onder leiding van ‘n skoolsielkundige en berader.

“Om seuns op te voed, is is wat ek sedert my jeug wou doen en dit is steeds my passie en doel in die lewe! Ek wil ‘n verskil maak!”

Grey wens hom en sy gesin alle sterkte en voorspoed toe vir hierdie nuwe hoofstuk in hul lewens.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal