Grey Kollege. Dit is met leedwese dat Schools That Rock verneem het van die afsterwe van Armand Fourie die naweek. Ons betuig ons innige meegevoel aan Armand se ouers, familie, maats en Grey Kollege met die groot verlies.
Ons publiseer hiermee weer ‘n berig van Armand wat Schools That Rock op 23 Maart vanjaar van hom gepubliseer het.
Armand Fourie Grey Kollege. “One for all, all for one.” “Ek kan vandag met sekerheid getuig dat dit ‘n leuse van Grey Kollege is. Sedert dag een was ek nog nooit alleen in dié stryd nie.
Ek wil aan elke persoon in die Grey-familie (skoolhoofde, onderwysers, leerders, ouers, reünie) en elke ander persoon daar buite dankie sê vir die ondersteuning, gebede, kos en geskenke wat julle aan my en my gesin gegee het. Elke boodskap en oproep word opreg waardeer. Ek wil ook spesiaal dankie sê aan elke onderwyser en leerder wat hulle hare saam met my afgeskeer het. Ek sal julle broederliefde nooit vergeet nie.
Dit gaan ‘n moeilike en lang pad wees, maar met my skool, familie en die Here aan my kant, weet ek ek gaan as ‘n oorwinnaar aan die ander kant uitstap. Ek sien uit om my getuienis, van wat die Here in dié tyd vir my gedoen en beteken het, met almal te deel!
Vir elke persoon wat deur ‘n moeilike fase van hulle lewe gaan, wil ek sê: “God won’t give you more than you can handle”.
Die Here weet dat my naam (Armand) soldaat beteken en dat ek hierdie stryd teen kanker gaan beveg soos ‘n soldaat in ‘n oorlog, tot op die einde en totdat daar oorwinning is.” – Armand Fourie
Armand Fourie Grey College.
“One for all, all for one.” “I can testify with certainty today that this is a motto of Grey College. Since day one, I’ve never been alone in this fight.
I want to thank every person in the Grey family (principals, teachers, learners, parents, reunion) and every other person out there for the support, prayers, food and gifts you have given me and my family. Every message and call is greatly appreciated. I also want to say a special thank you to every teacher and learner who shaved their hair with me. I will never forget your brotherly love.
It’s going to be a tough and long road, but with my school, family and the Lord on my side, I know I’m going to walk out victorious on the other side. I look forward to sharing with everyone my testimony of what the Lord has done and meant to me during this time!
For every person going through a difficult phase of their life, I want to say: “God won’t give you more than you can handle”.
The Lord knows that my name means (Armand) soldier and that I am going to fight this battle against cancer like a soldier in a war, to the end and until there is victory.” – Armand Fourie