)

Grey Kollege oorhandig rugbykouse aan oud-Greys

Foto: Vlnr: Voor: Neels Volschenk (skoolkaptein), Ruan Pienaar, Jaco Peyper, mnr. Deon Scheepers (skoolhoof, WJ Steenkamp en Jean Smith (onderkaptein, koshuis).

Agter: Dries Swanepoel, Frans Steyn, Jurie Geldenhuys (onderkaptein, stad), Derik Pretorius en Richard Kriel.

Die drie skoolkpateine van Grey Kollege het vanoggend amptelik die rugbykouse aan al die oud-Greys oorhandig wat môre op die veld gaan uitdraf in ‘n opwindende wedstryd tussen die Toyota Cheetahs en die Toyota Uitnodigingspan.

Tydens dié spesiale wedstryd sal die manne in hul Grey-rugbykouse op die veld verskyn! Dié sewe manne sluit in Ruan Pienaar (2002), Frans Steyn (2005) en Dries Swanepoel (2011) wat vir die Cheetahs uitdraf, terwyl WJ Steenkamp (2018), Richard Kriel (2018) en Derik Pretorius (2016) die Toyota Uitnodigingspan verteenwoordig. Jaco Peyper (1998) is die skeidsregter vir die wedstryd.

Met hierdie unieke geleentheid wil Vrystaat Rugby graag eer bring aan die massiewe rol wat skole en skoleafrigters in die rugbyloopbane van professionele spelers speel. Agter die skerms is skeidsregterassisstente Daren Colby (oud-Grey), Clearance Khumalo (onderwyser, Grey Primêr) en selfs Albert Keuris (oud-Grey) ook werksaam.

Die drie skoolkapteine saam met Daren Colby

Die wedstryd word Saterdag om 16:00 op @supersporttv uitgesaai.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal