Foto: Vlnr: Voor: Neels Volschenk (skoolkaptein), Ruan Pienaar, Jaco Peyper, mnr. Deon Scheepers (skoolhoof, WJ Steenkamp en Jean Smith (onderkaptein, koshuis).
Agter: Dries Swanepoel, Frans Steyn, Jurie Geldenhuys (onderkaptein, stad), Derik Pretorius en Richard Kriel.
Die drie skoolkpateine van Grey Kollege het vanoggend amptelik die rugbykouse aan al die oud-Greys oorhandig wat môre op die veld gaan uitdraf in ‘n opwindende wedstryd tussen die Toyota Cheetahs en die Toyota Uitnodigingspan.
Tydens dié spesiale wedstryd sal die manne in hul Grey-rugbykouse op die veld verskyn! Dié sewe manne sluit in Ruan Pienaar (2002), Frans Steyn (2005) en Dries Swanepoel (2011) wat vir die Cheetahs uitdraf, terwyl WJ Steenkamp (2018), Richard Kriel (2018) en Derik Pretorius (2016) die Toyota Uitnodigingspan verteenwoordig. Jaco Peyper (1998) is die skeidsregter vir die wedstryd.
Met hierdie unieke geleentheid wil Vrystaat Rugby graag eer bring aan die massiewe rol wat skole en skoleafrigters in die rugbyloopbane van professionele spelers speel. Agter die skerms is skeidsregterassisstente Daren Colby (oud-Grey), Clearance Khumalo (onderwyser, Grey Primêr) en selfs Albert Keuris (oud-Grey) ook werksaam.
Die wedstryd word Saterdag om 16:00 op @supersporttv uitgesaai.