Jean-Jacques Holtzhausen, fietsryer en atleet, Gr10, van Grey Kollege het uitstekend presteer tydens dié sportbyeenkomste.
Hy verwerf ‘n eerste plek tydens die Vrystaat padfietskampioenskappe wat onlangs in Bloemfontein gehou is, sowel as ‘n derde plek tydens die Nasionale Bergfietsmarathon wat in die Paarl aangebied is.
Op 10 Julie neem hy aan die SA XCO-bergfietsfinaal in Pietermaritzburg deel.
Jean-Jacques is ook gekies vir die Vrystaat Dubbelkampspan wat op 26 Junie aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms in Port Elizabeth deelneem.
Baie geluk, Jean-Jacques en sterkte met die volgende kompetisies aan al die manne!
Foto’s verskaf