Graad R’e besoek Grootskool – Hoërskool Hoopstad, het vir ‘n dag soos ‘n mini dieretuin gevoel. Die Graad R’e het die grootskool besoek. En die Grootskool het geskud!
Die Graad R’e was vol energie, opgewondenheid en piepklein skoentjies wat oral beweeg het! Al die toekomstige Hoopies het kom kuier. En laat Hoopies net sê: as cuteness ’n vak was, het hulle almal onderskeidings gekry.
Juffrou Elzanne Blom, juffrou Helen Strauss en die splinternuwe leerlingraad het hul verwelkom. Met breë glimlagte en ’n warm “Hallo!” het jy in die voorportaal gehoor. Daarna is hulle reguit na die Graad 1 klassies. Daar kon hulle vir ’n oomblik droom van potlode, plakkers en pouses met grootmense wat nie sê “moenie hardloop nie!”
En soos tradisie vereis, het die seuns- en dogterskoshuise hul arms (en yskaste) oopgemaak. Kolwyntjies is verslind, koeldrankies is geslurp, en daar was meer suikervreugde as op ’n kermis. Baie dankie aan tannie Karina Naude en oom Riaan Van Jaarsveld vir die bederf op ’n professionele vlak. Ons vermoed hulle het ’n diploma in “Kindergelukkunde”.
Hoërskool Hoopstad kan nie wag om die Graad R’e as Graad 1’s volgende jaar weer te sien nie.
Al vereiste is dat hulle net weer daardie glimlaggies moet saambring!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor












