)

Graad R’e besoek Grootskool – Hoërskool Hoopstad

Graad R’e besoek Grootskool – Hoërskool Hoopstad, het vir ‘n dag soos ‘n mini dieretuin gevoel. Die Graad R’e het die grootskool besoek. En die Grootskool het geskud!

Die Graad R’e was vol energie, opgewondenheid en piepklein skoentjies wat oral beweeg het! Al die toekomstige Hoopies het kom kuier. En laat Hoopies net sê: as cuteness ’n vak was, het hulle almal onderskeidings gekry.

Juffrou Elzanne Blom, juffrou Helen Strauss en die splinternuwe leerlingraad het hul verwelkom. Met breë glimlagte en ’n warm “Hallo!” het jy in die voorportaal gehoor. Daarna is hulle reguit na die Graad 1 klassies. Daar kon hulle vir ’n oomblik droom van potlode, plakkers en pouses met grootmense wat nie sê “moenie hardloop nie!”

En soos tradisie vereis, het die seuns- en dogterskoshuise hul arms (en yskaste) oopgemaak. Kolwyntjies is verslind, koeldrankies is geslurp, en daar was meer suikervreugde as op ’n kermis. Baie dankie aan tannie Karina Naude en oom Riaan Van Jaarsveld vir die bederf op ’n professionele vlak. Ons vermoed hulle het ’n diploma in “Kindergelukkunde”.

Hoërskool Hoopstad kan nie wag om die Graad R’e as Graad 1’s volgende jaar weer te sien nie.

Al vereiste is dat hulle net weer daardie glimlaggies moet saambring!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hshoopstad.com/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal