Graad 1’s 2023. Soos elke jaar, verwelkom Schools That Rock vanjaar weer die nuwe Graad 1’s met die aanvang van hul skoolloopbaan.
Die eerste graad 1 leerder wat ons in 2023 verwelkom, is Marlie Nolte. Marlie se skoolloopbaan begin môre, 11 Januarie, by Laerskool Fontainebleau in Randburg. Marlie, mag jou skoolloopbaan baie suksesvol wees en mag jy baie seëninge ervaar. Wanneer jy, na twaalf jaar, weer na hierdie foto’s kyk, vertrou ons dat jy net vreugde en goeie herinneringe sal hê.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.fontainebleau.co.za/
Foto’s verskaf