Graad 12’s ontvang Streepbaadjies. Foto: Elizma Swart en me Erna Schoeman met die oorhandiging van die Skoolbybel
Graad 12’s ontvang Streepbaadjies. Hoërskool Ermelo se jaarlikse Streepbaadjiesseremonie het op Maandag, 7 Oktober plasgevind.
Die jaarlikse Streepbaadjieseremonie het op Maandag 7 Oktober plaasgevind. Hierdie besondere tradisie behels die oorhandiging van die Graad 12’s se Streepbaadjies aan volgende jaar se graad 12-leerders.
Dit is simbolies vir leierskap en dui daarop dat elke graad 12-leerder as leier van die skool dien.
Die baadjie is uniek aan Hoërskool Ermelo en so ook die seremonie. Die geleentheid gaan gepaard met die lees van ’n erekode waar die graad 12’s, van die opeenvolgende jaar, instem om die inhoud daarvan te respekteer en toe te pas.
Na die oorhandiging van die baadjies is die Skoolbybel oorhandig aan die hoofdogter van 2025, Elizma Swart, as simbool van geloof met die wens: “Glo in God en glo in die toekoms. Neem dit as ‘n lig vir jou pad – ook vir die Erries.”
Die skoolvlag is oorhandig aan die hoofseun van 2025, Ulric Badenhorst, as simbool van eenheid – eenheid in wil en eenheid in strewe. Die wens wat gepaardgaan met dié vlag is: “Neem dit en bou ‘n beter toekoms vir ons skool en ons land.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/


Foto’s voorsien
Become a Sponsor








