)

Graad 12 Uitslae 2025 – Hoërskool Hoopstad

Graad 12 Uitslae 2025 – Hoërskool Hoopstad se Graad 12-klas van 2025 het met puik uitslae die jaar afgesluit. Negentien matrikulante het die Nasionale Seniorsertifikaat eksamen afgelê. Hulle het ‘n slaagsyfer van 100% behaal wat al 40 jaar staande is.

Hoërskool Hoopstad se harte loop oor van dankbaarheid. Met God se genade en harde werk het elke leerder geslaag.

Hoogtepunte van die 2025 Uitslae:
  • 100% slaagsyfer én 100% Bachelors-toelating – ’n uitsonderlike prestasie!
  • Klasgemiddeld van 65.43%
  • 14 vakonderskeidings behaal deur ster-leerders
  • 4 leerders slaag met ’n gemiddelde B-simbool
  • 9 leerders slaag met ’n gemiddelde C-simbool
  • 6 leerders slaag met ’n gemiddelde D-simbool
Vakonderskeidings – Graad 12 uitslae van 2025
LeerlingAantal OnderskeidingsVakke waarin onderskeidings behaal is
AJ Brink5Afrikaans, Engels, LO, Landbou Tegnologie, RTT
Nadiné Jacobs3LO, Rekeningkunde, Lewenswetenskap
Will Viljoen2LO, RTT
Wian Conradie1RTT
MJ Hatem1Wiskundige Geletterdheid
Alana Steyn1LO
Mia Vorster1LO
Graad 12 Uitslae 2025 - Hoërskool Hoopstad
Hoërskool Hoopstad se Graad 12-klas van 2025
Dank aan Wenspan

Hoopies eer elke leerder en hul ouers vir die harde werk en opoffering. Hulle is ongelooflik trots op hulle! ’n Spesiale dank aan die toegewyde onderwysers – julle is die dryfkrag agter hierdie sukses. Julle bly ’n Wenspan wat elke jaar die verskil maak.

Toekoms vol Hoop

Aan elke matrikulant van 2025 – mag julle lewenspad geseënd wees met geleenthede, groei en vervulling. Hoërskool Hoopstad sal altyd jul tuiste bly.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hshoopstad.com/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal