Luke Bulford en Zander de Beer
Die Gr11- Landboubestuurleerdersvan HoĆ«rskool Ermelo, het hulle finale praktiese evaluering by Denise Cook afgelĆŖ. Die prakties het plaasgevind op Woensdag 9 Oktober en die leerders het met skape gewerk. Die Erries was vroeg reeds op die plaas en spoedig volstoom aan die gang.
Die praktiese assessering tel 50% van die leerders se Praktiese Assesseringstaak-opstuurpunt. Me. Cook het die leerders vriendelik ontvang en hulle touwys gemaak in algemene skaapboerdery en siektevoorkoming.
Die leerders is geƫvalueer op skaapaanjaag (herding), hantering en vang, inenting, dosering, stertafsit (docking), merk en kastrering van die ramme. Ten spyte van die harde werk en die sweet, het almal dit terdeƫ geniet en ongelooflik baie geleer.
Baie aan Me. Denise Cook vir haar kennis en dat sy die Erries met ope arms ontvang en laat tuis voel het.
Die Erries het ook lekker by MornĆ© en Michelle EngelbrechtĀ op die plaas gekuier waar hulle na die gesteenteformasies gekyk het, die natuurbrug op die plaas besoek het en lekker in die natuur ontspan en middagete voorberei het.
EHS is baie dankbaar vir die voorreg om een van die mooiste plase in die Hoƫveld te kon besoek!