Goudveld Kunste Akademie. Baie geluk aan die talentvolle leerders van ons Kunste Akademie wat Hoërskool Goudveld én die Vrystaat met trots verteenwoordig het. Dit was tydens die nasionale rondte van Con Spirito, ook bekend as die Forte-rondte. Die Forté-rondte het van 19–23 Augustus in Bedfordview plaasgevind.
- Amy-Rose Castro behaal 94% by Con Spiroto se nasionale rondte en is aangewys as Nasionale itemwenner.
- Jolene Erasmus behaal 94% by Con Spirito se nasionale rondte.
- Suné Basson behaal 98% by Con Spirito se nasionale rondte en is aangewys as Nasionale itemwenner.
- Xanthé Bredenkamp behaal 95% by Con Spirito se nasionale rondte.
- Lené van Lingen behaal 94% by Con Spiroto se nasionale rondte. Onder die tema “My best moment ever.” Lené se kunswerk getiteld “The discovery.”
- Christine Bekker behaal 93% by Con Spirito se nasionale rondte.
- Kristie-lee White behaal 93% by Con Spirito se nasionale rondte.
Julle uitsonderlike prestasie is ’n direkte weerspieëling van julle harde werk, toewyding en passie vir die kunste. Gouties is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle het nie net die skool se naam hoog gehou nie, maar ook bewys dat Goudveld se kreatiewe gees landwyd skyn.
Ons Gouties staan saam in trots – hou aan inspireer!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








