)

Goud-Gim Derby 2023 – Hoogtepunt het aangebreek

Goud-Gim Derby Week. “Die hoogtepunt van ons jaarlikse sportkalender het aangebreek. Namens die Goutie-gemeenskap nooi ons alle belangstellendes, oud-leerlinge, ouers, besoekers en die hele gemeenskap om die Goud-Gim Derby 2023 saam met ons te kom geniet.

Dit is vir ons voorwaar ʼn groot voorreg om die Gimmies te verwelkom op ʼn dag wat met groot sportmangees, welwillendheid, maar tog gesonde kompetisie gaan plaasvind. Alhoewel die gemeenskap in twee kampe verdeel is, is die gebeurtenis tog van so ʼn aard dat dit ons gemeenskap in groot getalle laat saamtrek.

Baie welkom aan mnr. Johan Slabbert, die Gimmie personeel, Beheerliggaam en elke Gimmie in Goutieland. Kom geniet die dag saam met ons. Baie geluk Welkom Gimnasium met jul 70-jarige bestaansjaar wat jul in 2023 vier. In wese is sport ʼn hulpmiddel tot effektiewe opvoeding vir ons kinders. Daarom is dit my wens vir Derby 2023 dat wanneer ons, ons spanne aanmoedig dit met ʼn gesindheid van ondersteuning en aanmoediging sal wees.

Aan al die Gouties wil ek sĆŖ, julle sal weet wat ek bedoel met: ā€œMoenie ʼn sekonde, ʼn oomblik, ʼn gebeurtenis in die wedstryd verwar met die lewe nie.ā€ Julle is ons kosbaarste besittings en ons bly lief vir julle almal. STREEF, WERK, OORWIN.”…Mnr Sauer.

Boodskappe

Boodskap van Lebo Komani, 1ste Seunshokkiespan kaptein.

“Hierdie is my derde Derby wat ek vir Goudveld speel en die opwinding raak elke keer net meer. Om ā€˜n spansport te speel is normaalweg moeilik, maar saam met my span is ons reg vir enige iets. Ek weet ons span is reg vir die Derby en sal ons skool se naam hoog hou. Die manne dra altyd die skool se naam met trots en weet dat hulle altyd hulle beste en nog ā€˜n bietjie meer moet gee. Ek doen ā€˜n beroep op al die Gouties en my span om volgendeweek alles te gee en seker te maak die Derby kom huistoe.ā€œYou don’t have to be great to start, but you have to start to be great.ā€-Anoniem. ā€œI fear no man, If you breathe oxygen, it’s a fair gameā€ -Connor Mc’Gregor”

Boodskap van Ashley Wasyliszyn, 1ste Netbalspan Kaptein

“Die Derby is ā€˜n voorreg! Ons Gouties is opgewonde om die jaar die Derby aan te bied.  Sport ontwikkel ā€˜n manier van behoort, groepgees en vriendelukheid by individue.  As kaptein van die 1ste Netbalspan is my wens vir elke speler, ondersteuner en ouer om die dag te geniet in goeie sportmangees.  Mag dit ā€˜n dag van trots wees! Gouties onthou:  ā€œIt’s not how big you are, it’s how big you play.” Sterkte aan elke speler wat hard gewerk het om deel van 2023 se Derby te wees. Daar is net een Nommer 1!”

Boodskap van Kay-Lee Hall

Saterdag is die groot kragmeting! Dit is die tyd om almal te wys waarvan ons gemaak is. Aan my span: Dit is met ā€˜n groot voorreg dat ek julle kaptein kan wees.  Deur al die uitdagings het ons ā€œblessingsā€ ons altyd deurgebreek met ā€˜n glimlag en spanwerk. Onthou hoekom jy hokkie speel.  Onthou al die harde werk wat ons ingesit het. Julle moet die gevoel van wen onthou.  Maar onthou meestal vir wie jy speel.  Of jy nou vir jou Skepper, jouself, jou ouers, afrigters of spanmaats speel, daar is ā€˜n rede hiervoor! Ek sien uit om die res van my laaste jaar saam julle te spandeer, want julle maak hokkie die moeite werd.”

Boodskap van Madri Harmse en Elba Stolk, 1ste span Netbal Afrigter

Dit is vir ons as afrigters n groot voorreg om hierdie merkwaardige span af te rig. Dit is ‘n span wat soveel potentiaal en talente het, wat alles wat hulle aanpak met ‘n glimlag doen, ‘n span wat letterlik kan dans in die reĆ«n. Ons was bevoorreg om saam met hierdie span te kon groei die laaste twee jaar  en te kon sien hoe elkeen van hulle in dinamiese jong dames ontwikkel.  Ouers en die gemeenskap kan gereed maak om stomgeslaan te word deur hierdie meisies se deursettings vermoe. Ons is so trots op elkeen van hulle. Hulle is regtig so ‘n mooi voorbeeld vir ons ander Gouties, en ons weet hulle gaan nog so baie in die lewe bereik. 

As mens al daai glimlaggies, goeie waardes, en omgee harte kombineer met hulle vreesloosheid, deursettingsvermoĆ« en sterk persoonlikheid het ons ‘n klomp sterre wat nie kan wag om n verskil te gaan maak in hulle gemeenskap nie. Ons krag van ons span lĆŖ definitief in die Here.  As ons lywe moeg gespeel is, ons voete vol blase, ons vingers verstuit is en ons shins pyn, weet ons dat ons krag nie uit ons self kan kom nie maar dat dit van die Here af kom, dat hy ons sal optel en dra waar ons nie meer kan nie.

Tweedens lĆŖ ons krag in ons nederigheid, ons is nederig dankbaar vir die talente wat ons meisies ontvang het, en ons speel netbal om die Here se naam daardeur te verheerlik. Laastens vind ons ons krag in ons vertroue in mekaar, ons ondersteun mekaar en vat hande in die proses waarin ons STREEF WERK OORWIN.

Boodskap van Roxy Siebert, 1ste span dogtershokkie afrigter

Ons sien baie uit na die Derby op ons tuisveld hierdie jaar. Na ‘n jaar waar ons seisoen reeds baie vroeg afgeskop het, is ons slaggereed vir die kragmeting teen Welkom Gimnasium. Ons span sit definitief met die ervaring aan ons kant. Sewe van ons senior spelers in die span is al vier jaar deel van die eerstespan se suksesverhaal.  Die skool het vir ons baie geleenthede gebied. Te danke daaraan het ons reeds aan drie groot toernooie deelgeneem en is ons wedstryd gereed. 

Ons speel ook tans in twee ligas, waarvan ons baie sterk kompetisie in die Wesgrow Liga het. Tot dusver is ons onoorwonne in die Lejweleputswa Liga en ons werk hard om dit so te hou. Ouers en gemeenskap kan uitsien na ‘n baie opwindende wedstryd vol goeie vaardighede en uitstekende sportmangees.’Ons krag lĆŖ definitief in die eenheid van ons span. Ons het dieselfde waardes en dieselfde doel voor oĆ«. Die basis van hierdie eenheid word gegrond op ons Christenskap en die pad wat ons elkeen elke dag met die Here stap. Ons is die jaar ā€œgeblessā€  met die beskerming van Here en ons streef daarna om ook n ā€œblessingā€ vir spanne te wees teen wie ons kompeteer.

1ste Span hokkiedogters
Eerste Span Seunshokkie
1ste Span Seunshokkie
Eerste Rugbyspan
Eerste Rugbyspan
1ste Rugbyspan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://goudveldhs.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal