Gimnastiek SA’s: Twee leerders van hoërskool Fichardtpark, Schalk Botes en Miguel Ribeiro, het tydens die afgelope skoolvakansie in gimnastiek presteer. Hulle het as deel van die Vrystaat Gimnastiekspan by die SA-Spele in Pretoria deelgeneem.
Schalk Botes het ‘n goue medalje op die dubbel-mini trampolien (Vlak 6) behaal. Hy is dus die SA-wenner in hierdie kategorie. Schalk verwerf ook ‘n brons medalje op die Euro-trampolien (Vlak 6).
Miguel behaal onderskeidelik ‘n vierde plek in die Euro-trampolien (Vlak 5), en ‘n vyfde plek in die dubbel-mini trampolien (Vlak 5).
Fichies is baie trots op hierdie twee gimnaste.
#fichietrots #fichiesvoorkeurskool #fichiespresteer
Foto’s verskaf
Lees meer oor Fichies: