)

Geskiedenis Olimpiade – Simoné de Witt van Fichies skitter

Geskiedenis Olimpiade. Simoné de Witt, ‘n gr. 11-leerder van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, het tweede geëindig in die FAK Nasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade van 2021. “Hierdie olimpiade het my trots op my moedertaal bevestig en ek is báie trots op my taal.”

Die fokus van vanjaar se olimpiade was op Suid-Afrikaanse geskiedenis (Afrikaanse taalgeskiedenis, Afrikanergeskiedenis en Westerse geskiedenis). Die olimpiade het uit twee rondtes bestaan. Rondte een, ‘n aanlyn vraestel en rondte twee, ‘n beredenerende opstel. 

Simoné beskryf rondte een van die olimpiade as uitdagend, maar ook baie interessant: “Te danke aan die leeswerk wat benodig was vir die elektroniese vraestel, het ek Afrikaanse geskiedenis geleer wat ons nie op skool in diepte bestudeer het nie.”

Die opstel in rondte twee het ‘n keuse van onderwerpe gehad. Simoné het geskryf oor: “CJ Langenhoven – Afrikaans, ons pêrel van groot waarde”. 

Simoné, Fichies is baie trots op jou!

Lees meer oor Hoërskool Fichardtpark:

https://schoolsthatrock.co.za

https://fpark.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal