Gert Sibande Top 100. Foto van links: JF Möller, Katelyn Pogieter en Blessing Oduntan.
Op Woensdag 14 Augustus is drie Graad 12 Erries uitgenooi na die Gert Sibande Distrik se prysuitdeling vir die top 100 leerders in die distrik. Hierdie prestasies is bepaal na aanleiding van die Junie-eksamen se uitslae.
JF Möller ontvang die prys vir nommer vier in die distrik. Hiermee ontvang hy verskeie pryse, insluitend ’n rekenaar en ‘n trofee.
Katelyn Potgieter en Blessing Oduntan is ook deel van die Top 100 in die distrik in onderskeidelik die 85%- en 82%-afdelings.
Baie geluk aan hierdie leerders met die besondere prestasies!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








