Gert Sibande Tennisliga. Hoërskool Ermelo het elf tennisspanne gehad wat op 17 en 18 Augustus aan die Hoëveld Gert Sibande Tennisliga deelgeneem het. Die liga het by Hoërskool Secunda plaasgevind en die Erries het uitstekend gevaar.
Deelnemende skole was Hoërskool Ermelo, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Oosterland, Curro Secunda, Hoërskool Standerton en Hoërskool Secunda.
Die Erries se eerstespan dogters het derde geëindig by die toernooi. Die tweede-, derde-, vierde- en vyfdespan dogters het almal eerste geëindig tydens die Tennisliga.
Erries se seunsspanne het ook almal eerste plekke behaal: die eerstespan, tweedespan, derdespan, vierdespan, vyfdespan en ook die sesde span het as wenners uit die stryd getree.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf