)

Gert Sibande Gholf Liga – Errie-gholfers vaar goed

Gert Sibande Gholf-liga. Die 2023 Gert Sibande gholf-liga het op Vrydag 26 Mei tot ‘n einde gekom.  Hierdie liga word oor vier rondtes beslis waar die spelers in spanne van vier deelneem.  Die deelnemende skole was Hoërskool Ermelo, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Volksrust en Ligbron Akademie vir Tegnologie.

Rondte een het by die Ermelo Buiteklub plaasgevind. Op hul eie tuisbaan het die Erries goeie gholf gespeel en eindig as volg:

  • A-Span tweede
  • B-span tweede
  • C-span derde. 

Rondte twee het by die Piet Retief buiteklub plaasgevind.  Hier eindig die Errie-spanne as volg:

  • A-Span tweede
  • B-Span gesamentlik eerste
  • C-Span derde. 

Rondte drie is afgestel weens uitdagings met die baan wat die rondte moes aanbied.  Hierdie ronde kon ongelukkig nie ingehaal word nie as gevolg van vol programme by al die deelnemende skole.  Rondte vier het by die Volksrust Gholfklub plaasgevind.  In baie winderige omstandighede eindig die Erries se spanne as volg:

  • A-Span derde
  • B-Span ook derde.

Met albei spanne in die tweede plek op die punteleer dring Hoërskool Ermelo se A- en B-spanne deur na die Mpumalanga-uitspele.  Die C-span eindig in die derde plek.

Die uitspele sal onderskeidelik op 21 Augustus vir die B-span en op 28 Augustus vir die A-span plaasvind.

Ulrich Badenhorst
Hancke van Heerden

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal