Gert Sibande Gholf-liga. Die 2023 Gert Sibande gholf-liga het op Vrydag 26 Mei tot ‘n einde gekom. Hierdie liga word oor vier rondtes beslis waar die spelers in spanne van vier deelneem. Die deelnemende skole was Hoërskool Ermelo, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Volksrust en Ligbron Akademie vir Tegnologie.
Rondte een het by die Ermelo Buiteklub plaasgevind. Op hul eie tuisbaan het die Erries goeie gholf gespeel en eindig as volg:
- A-Span tweede
- B-span tweede
- C-span derde.
Rondte twee het by die Piet Retief buiteklub plaasgevind. Hier eindig die Errie-spanne as volg:
- A-Span tweede
- B-Span gesamentlik eerste
- C-Span derde.
Rondte drie is afgestel weens uitdagings met die baan wat die rondte moes aanbied. Hierdie ronde kon ongelukkig nie ingehaal word nie as gevolg van vol programme by al die deelnemende skole. Rondte vier het by die Volksrust Gholfklub plaasgevind. In baie winderige omstandighede eindig die Erries se spanne as volg:
- A-Span derde
- B-Span ook derde.
Met albei spanne in die tweede plek op die punteleer dring Hoërskool Ermelo se A- en B-spanne deur na die Mpumalanga-uitspele. Die C-span eindig in die derde plek.
Die uitspele sal onderskeidelik op 21 Augustus vir die B-span en op 28 Augustus vir die A-span plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf