)

Gerrie Berner-tennistrofee – Gesogte trofee staan weer by OMS

Gerrie Berner-tennistrofee. Ná 7 jaar kry die Gerrie Berner-tennistrofee weer staanplek in Bloemfontein. Hoër Meisieskool Oranje se 1ste tennisspan het dié Paarlse toernooi Saterdag gewen. Oranje het Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch in die eindstryd met vier wedstryde teenoor een verslaan.

Dít nadat die Bloemhoffers vir Oranje in die vorige 5 jaar se eindstryde geklop het. Die Oranjeniete was tussen 2012 en 2015 die kampioene. Meeste van die land se sterkste skolespanne was teenwoordig by die toernooi.

Oranje het die oorwinning boonop vermag met ‘n baie jong span. Twee lede (Ansoné Theron en Donna le Roux) is graad 9’s en twee (Mia en Nina Schimper) is in Graad 10. Oranje was onoorwonne ná seges ook behaal is oor Hoërskool Waterkloof (4-0, halfeindstryd), Uitnodigingspan (7-0), Hoërskool Menlopark (5-2), Helpmekaar Kollege (6-1), Paarl Girls’ High (5-2) en Rhenish Girls’ High School (5-2).

Vir die matrikulante Liné Greyling en Lezaan Swanepoel was dit ekstra spesiaal, aangesien hulle ook in hul laaste jaar, vanaf laerskool in 2017, die toernooi vir laerskole gewen het as lede van Primêre Meisieskool Oranje.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal