Genius Olympiad. Internasionale Erkenning vir Outeniqua-leerder by Genius Olympiad.
Vrydag, 13 Junie, was ’n heuglike dag vir die deelnemers aan die Genius Olympiad. Die prysuitdeling het in volle swang plaasgevind. Hierdie internasionale kompetisie het vanjaar inskrywings van 69 lande en 34 Amerikaanse state gelok. Altesaam 3 475 projekte was ingedien. Van dié inskrywings is 1 698 studente gekeur om deel te neem aan die Wetenskap-kategorie. Wetenskap was een van ses hoofkategorieë wat ook Robotics, Coding, Art, Speech en Business insluit.
Slegs 15% van die deelnemers het die gesogte “Honorable Mention” (Eervolle Vermelding) ontvang, en Outeniqua se eie 𝘨𝘦𝘯𝘪𝘶𝘴, Brink van Zyl, was een van hierdie uitsonderlike leerders. “Ons is ongelooflik trots op Brink en alles wat hy op internasionale vlak tydens só ’n vooraanstaande wetenskap-ekspo vermag het.”
As deel van hierdie unieke ervaring het Brink ook die voorreg gehad om van Amerika se mees gesogte akademiese instellings te besoek. Sy toer het hom gelei na Washington DC, New York City en ses van die wêreldbekende Ivy League-universiteite, naamlik Princeton, Columbia, Yale, Brown, MIT en Harvard. Van hierdie ses het MIT hom veral beïndruk met die indrukwekkende navorsing wat daar plaasvind.
Welgedaan, Brink! Jy is ’n ware ambasadeur vir Kwaggaland én vir Suid-Afrika.
Outeniqua Learner Shines on International Stage at Genius Olympiad.
Friday, 13 June, marked a special occasion as the Genius Olympiad hosted its awards ceremony. This prestigious international event welcomed entries from 69 countries and 34 U.S. states, with a total of 3,475 submissions. Of these, 1,698 students were selected to compete in the Science category—one of six main divisions, which also included Robotics, Coding, Art, Speech, and Business.
Only 15% of participants received the coveted “Honorable Mention” award, and Outeniqua’s very own 𝘨𝘦𝘯𝘪𝘶𝘴, Brink van Zyl, was also among those honored. “We are immensely proud of what he has achieved on the international stage at such a prestigious science expo.”
Brink also had the privilege of visiting Washington DC, New York City, and six Ivy League universities during the experience—namely Princeton, Columbia, Yale, Brown, MIT, and Harvard. Of these esteemed institutions, MIT stood out for Brink, especially due to the cutting-edge research being conducted there.
Well done, Brink! You are a remarkable ambassador for Kwaggaland and South Africa.
Read more school news here: https://schoolsthatrock.co.za/
Photo supplied
Become a Sponsor








