Gauteng Provinsiale Lewensredding. 🏅 AJ Brits blink uit by Gauteng Lewensredding Gala.
AJ Brits, ’n leerder van Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp, het skitterend presteer tydens die 2024/2025 wat in Germiston gehou is. Sy uitsonderlike deelname het hom verskeie toekennings besorg, insluitend:
- Gauteng Provinsiale Kleure vir Lewensredding
- Victor Ludorum vir seuns in die 15-jarige ouderdomsgroep
- Algehele Junior Victor Ludorum – ’n toekenning vir die beste junior manlike deelnemer
AJ het in die 15–16 jaar ouderdomsgroep meegeding en die volgende uitslae behaal:
- 1ste plek: 100m Rescue Medley
- 1ste plek: 200m Super Lifesaver
- 2de plek: 200m Obstacle Swim
- 1ste plek: 100m Manikin Carry with Fins
- 1ste plek: 50m Manikin Carry
- 1ste plek: 100m Manikin Tow
🎉 Baie geluk AJ! Jou toewyding, talent en harde werk is duidelik sigbaar in hierdie ongelooflike prestasies. Hoërskool Wesvalia en die hele gemeenskap is trots op jou. Dit wil gedoen word!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








