
Gauteng Central Summer-toernooi. Daniël Badenhorst, leerder van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, het tydens die vakansie aan die Gauteng Central Summer-toernooi en die Geta Baseline Racquets Summer-toernooi in Gauteng deelgeneem.
Daniël het algeheel 9de geëindig in die enkelspel vir seuns o.16. Hy en sy maat het algeheel 4de geëindig in die dubbelspel vir seuns o.16 tydens die Gauteng Central Summer-toernooi. Hy het ook algeheel 3de geëindig in die enkelspel vir seuns o.16 tydens die Geta Baseline Racquets Summer-toernooi.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf