Gasvryheidstudies. Hoërskool Ermelo se graad 12-leerders wat Gasvryheidstudies as keusevak het, hul laaste PAT in die Errie-Suprème hotelskool aangebied. Nie net dien hierdie as deel van die graad 12’s se punte nie, maar berei die leerders ook voor vir die industrie.
Die kelners het die restaurant laat lewe met stylvol-gedekte tafels en versierings. Die sjefs het ook gesorg vir geurige kulturele Suid-Afrikaanse geregte.
Deeglike Mise-en-place is vooraf gedoen en met beplanning kon die Erries selfs spesiale Franse gaste tuis laat voel met die cuisine.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf