Free State Technical Skills. Bethlehem Voortrekker Hoërskool spog met ses talentvolle leerders. Hierdie ses leerders het op 5 Augustus deelgeneem het aan die “Free State Technical Skills School Competition” vir Motorkunde en Houtwerk.
Louwrens Pieters, Chris-Jan van Staden en Adriaan Dietrichsen het die Motorkunde-spesialiteit verteenwoordig. Dwayne Britz, Marius Labuschage en Janké Kriek het die Houtwerk-spesialiteit verteenwoordig. Hierdie leerders het hul allerbeste gegee tydens die kompetisie.
Die uitslag, na die afloop vandag, was ‘n reuse sukses. Louwrens Pieters het ‘n eerste plek behaal in die Motorkunde-afdeling. Dwayne Britz het ook ‘n eerste plek behaal in die Houtwerk-spesialiteit afdeling met Marius Labuschage wat kort op sy hakke volg in derde plek in die afdeling.
Hierdie 3 leerders dring deur na die volgende rondte van die “Skills Competition” wat in Bloemfontein sal plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf