Frank Opperman. Op 27 Oktober het ‘n genotvolle aand afgeskop met ‘n uitstekende vertoning. Een van Suid-Afrika se beste en gewildste akteurs, Frank Opperman, het die gehoor vermaak. Sy vertoning: “Steeds donkie” het die gehoor laat skaterlag en die gehoor kon aanklank vind by relevante kwessies wat hy aangespreek het.
Na die vertoning is die kuieraand voortgesit met uithalerkos en heerlike samesyn in die vierkant by EHS. Nie net was die atmosfeer gesellig nie, maar alles wat gepaard gegaan het met die kuier is in stylvolle Errie-klas gedoen.
Frank Opperman. On 27 October an enjoyable evening kicked off with an excellent performance by one of South Africa’s best actors: Frank Opperman. His performance: “Still Donkey” made the audience laugh and the audience was able to resonate with relevant issues he addressed.
After the show, the hangout night continued with takeout food and delicious togetherness in the square at EHS. Not only was the atmosphere cozy, but everything that accompanied the visit was done in stylish Errie way.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photos supplied