FNB Classic Clashes. Hoërskool Ermelo het 10 en 13 Mei teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom in ’n FNB Classic Clashes-stryd. Hierdie wedstryde het deel uitgemaak van die liga.
Op 10 Mei het die seunshokkie afgeslaan.
Die o.16-span het eerste gespeel en het die wedstryd oortuigend met 6 – 0 gewen. Die doelskieters is Stiaan van den Heever (2), Paul Snyman, SS Cilliers, Nicolas Steyn en Victor Burgers.
Hoërskool Ermelo se Eerstespan Seunshokkie het na ’n harde stryd met 2 – 0 gewen. Die doelskieters is Adam Barnard en JF Möller.
Saterdag, 13 Mei was dit die dogtershokkie-, netbal- en rugby-spanne se beurt om teen Piet Retief te speel. Ten spyte van gemenge welslae, het die Erries aanhou veg en goeie sportmangees getoon.
Die netbal se uitslae is as volg:
- o.14A-span: verloor 12 – 17
- o.14B-span: verloor 3 – 6
- o.15A-span: verloor 13 – 14
- o.15B-span: verloor 6 – 8
- o.16A-span: verloor 13 – 23
- Tweedespan: wen 12 – 7
- Hoërskool Ermelo se eerstespan netbal: wen 23 – 10
Dogtershokkie vaar uitstekend met die volgende tellings:
- o.14A-span: verloor 0 – 1
- o.15A-span: wen 5 – 0
- o.16A-span: wen 9 – 0
- Tweedespan:wen 6 – 0
- Hoërskool Ermelo se eerstespan dogtershokkie: wen 4 – 0
Die rugbytellings is as volg:
- o.14A-span: verloor 0 – 61
- o.14B-span: verloor 0 – 45
- o.15A-span: verloor 12 – 14
- o.15B-span: wen 14 – 7
- o.16A-span: verloor 12 – 26
- o.16B-span: verloor 9 – 15
- Tweedespan: verloor 8 – 29
- Hoërskool Ermelo se eerstespan rugby: wen 20 – 7
Die skaak het ook op Saterdag gespeel en EHS verloor naelskraap met sewe spelle teenoor agt.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf