Finsbury Krieketliga. Hoërskool Nelspruit se o.15’s en die LVM White Tigers het 20 Januarie die Finsbury krieketliga afgeskop met ‘n oorwinning teen Hoërskool Centurion.
Die White Tigers het tuis gespeel en Hoërskool Centurion het die kolfbeurt geopen. Met uitstekende boulwerk deur Vaughn van Zyl is Centurion uitgehaal vir 118/10 na 26,4 beurte. Vaughn het 5 paaltjies vir 19 lopies in 17.4 beurte geneem!
NHS het gaan kolf en die lopies het stadig maar seker op die telbord verskyn. Nathan Duncan het ‘n knap 26 lopies van 49 balle aangeteken, terwyl Rico Nel 25 lopies van 40 balle bygedra het. NHS het gewen met 5 paaltjies.
Die o/15’s het in Pretoria teen Hoërskool Centurion gespeel. Hoërskool Nelspruit het eerste aan die kolf gegaan en ‘n totaal van 207/8 na 50 beurte behaal. Luan Siebriets het skitterend gekolf en 70 lopies aangeteken. Centurion is uitgehaal vir ‘n telling van 54 lopies na 18 boulbeurte.
NHS wen die afskop van Finsbury Krieketliga met 153 lopies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf