Fine Arts Association. Die Rusties spog met graad 8-leerder, Danielle Snyman, wat op 14 Oktober aan die International Fine Arts Association se SA-kampioenskappe deelgeneem het.
Tydens die kompetisie vaar Danielle uitstekend en behaal ‘n 95% in haar Acro-danssolo. Sy word ook in die diamantspan opgeneem wat tydens 2024 Suid-Afrika in Mauritius gaan verteenwoordig.
Danielle is óók as die algehele wenner in haar ouderdomsgroep aangewys en die algehele wenner van die kategorie Acro dance style.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf