)

Fichardtpark het Tonne Drama in een skool

Glo my! Vir een skool om twee dramaproduksies van hoë gehalte in een week op die planke te bring. Dìt getuig van tonne drama, talent en toegewydheid!

Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein het verlede week die dramatalente van die leerders behoorlik getoets. Hulle het twee opwindende een-bedryf produksies aangebied. 

Jaarlikse skoolproduksie

Vir die jaarlikse skoolproduksie kan enige leerder van die skool ‘n oudisie doen. “Roekeloos” is verlede week ook aangebied. Hierdie produksie handel oor matriekafskeid tyd in ‘n privaatskool, WIldevyf. Die drama is geskryf en geregiseur deur Emmarentia Botes. Vir die rolverdeling was sewe seuns en nege dogters ingesluit. Die rolverdeling was as volg: Suzaan Groenewald (Marnel), Morkel Terblanchè (Rick). Ander spelers was Dawie Botes (Jason), Simonè Germishuys (Veronica), Clarissa Herselman (Elma), Niel Arlow (Petrus), Dylan van der Berg (Ryan), Nikia Pottas (Andrea), Ladene Liebenberg (Cheryl), Marco Hygen (Stefan), Zanè Gericke (Juffrou Christelle) , Sunelca McMahon (Gerda), Elè Theart (Caroline), Janè Oosthuizen (Adel), Jandrè Huygen (Tom), Natasha Viviers (Jodine) en Herman Kleingeld as Kobus. 

Die drama spreek tieners se gedrag rondom matriekafskeid tyd aan. Dit handel hoofsaaklik oor verhoudings, vriendskap en tienerliefde. Dit verbeeld die moderne tiener se strewe na aanvaardig en individualisme. Hier is ‘n bewys van tonne talent. Die produksie is aanlyn aangebied as gevolg van COVID-19 beperkings.

ATKV Tienertoneel

Drama leerders aan die Kunste Akademie van die skool neem ook deel aan die jaarlikse ATKV Tienertoneel. Die streeksfees het in Bloemfontein plaasgevind. Die nuutgeskrewe teks, “Auntie Sosiaal” handel oor ‘n tienermeisie, Inge, (Marshawne Jansen van Rensburg). Sy voer ‘n stryd met die sosiale mediaplatforms: Google (Simoné de Witt), WhatsApp (Alisje de Klerk) en Snapchat (Melanie Terblanch). Verder is daar ook nog Tik-Tok (Anika Botha), Instagram (Viané Brink) en Facebook (Elé Theart). Hulle versinnebeeld die rol in haar sosiale lewe en die invloed hiervan op haar as tiener. Die teks en regie is behartig deur Jean-Mari Lombard en Mienke Barnard (verhoogbestuurder). Roché Traut (tegnies) en Theani Botha (grimering) was ook deel van die produksiespan. 

“Auntie Sosiaal”  behaal Goud vir die teks en Silwer vir beide produksie en regie.

Liefde vir die kunste

Die dramaproduksies moedig leerders aan om kreatief deel te neem aan drama. Daardeur kweek hulle ‘n liefde vir die kunste. Dit is ‘n groot prestasie vir die skool dat soveel kinders aktief betrokke is by drama. Verder is dit ‘n trotse oomblik dat die toegewyde onderwyseresse en leerders, tydens die impak van die COVID-19 pandemie, dramawerke van top-gehalte kan lewer.

Hierdie is die bewys van ‘vir een skool om twee dramaproduksies van hoë gehalte in een week op die planke te bring getuig van tonne drama, talent en toegewydheid!’

Meer oor Hoërskool Fichardtpark:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

http://www.fpark.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal