Hartlik geluk aan Ferdinand van den Heever van die Hoërskool Bastion, wat gekies is vir die span wat aan die Suid-Afrikaanse Judo-Kampioenskappe vanaf 02-08 Julie 2017 gaan deelneem.
“Ek is baie opgewonde dat ek weer gekies is vir hierdie span,” sê Ferdinand, wat tans in Graad 9 is. Hy sal vir die vierde agtereenvolgende jaar deurdring na die SA Kampioenskappe.
Alle sterkte vir jou, Ferdinand! Bastion staan agter jou!
Foto heel bo: Ferdinand van den Heever
Verskaf deur: Monique Naudé