FEA Vlak 3 swemkompetisie. Jancke Potgieter van Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn, het vanaf 18 tot 20 Maart aan die FEA Vlak 3 Swemkompetisie deelgeneem.
Afgesien van ‘n erg beseerde knie, kon sy daarin slaag om twee van haar persoonlike beste tye te verbeter. Sy verwerf ook ‘n goue medalje vir 50 m borsslag. Hul aflosspan verwerf ook ‘n brons medalje tydens die kompetisie.
Gimmies is trots op haar!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf