Fast 5 Netbal. Die Erries se twee Fast 5 netbal spanne het Saterdag, 8 September, aan die Mpumalanga-uitspele deelgeneem.
Erries se Fast 5 Netbal o.15-Rubies verloor teen Rob Ferreira en Hoërskool Middelburg met onderskeidelik 18-15 en 19-16.
EHS se o.17-Eagles se uitslae is as volg: Die Erries wen teen Rob Ferreira met 37-8 en teen HTS Middelburg met 20-18. In die kwartfinaal kom die Erries te staan teen Delmas en wen met 23-11, maar verloor teen Hoërskool Lydenburg met 16-19 in die semifinaal. Hulle speel uit vir plek drie en vier in die finaal teen Hoërskool Secunda en wen dié wedstryd met 24-20.
Hoërskool Ermelo eindig derde in Mpumalanga en kwalifiseer hiermee om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf