Fairweather Hokkietoernooi. Hoërskool Nelspruit se 1ste hokkiespan, die Eagles, het gedurende die afgelope vakansie die vere reg geskud by die Fairweather hokkietoernooi. Die span het onoorwonne uit die stryd getree.
Die uitslae:
- Die Eagles speel gelykop 1-1 teen Reddam House, Umhlanga
- Wen 3-1 teen Hoërskool Zwartkop
- Wen 2-0 teen Howick High School
- Wen 15-0 teen Ferrum High School (Second Team)
- Gelykop 1-1 teen Falcon College Zimbabwe
- Wen 8-0 teen Hoërskool Ermelo
Mnr. KJ Ewert sê dat die span mekaar baie goed leer ken het gedurende die toer. “Die hoogtepunt van die toer was die samehorigheid tussen die seuns. Nellies is baie opgewonde vir die seisoen wat voorlê.”
Fairweather Hockey Tournament. Nelspruit High School’s 1st hockey team, the Eagles, ruffled the feathers at the Fairweather hockey tournament during the past holiday. The team retired from the fray undefeated. Mr. KJ Ewert says that the team got to know each other very well throughout the tour. “The highlight of the tour was the cohesion between the boys. Nellies is very excited for the season ahead.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf