Extreme Dance Challenge. Op Saterdag, 21 Mei, het twee leerders van Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die “Extreme Dance Challenge”.
Alné Olsen, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Ermelo, behaal 91% vir haar solo dansitem en verower ‘n eerste plek. Die groepdans waarvan Alné deel was, behaal ook ‘n eerste plek.
‘n Graad 8-leerder van EHS, Lianie Farrell, behaal ‘n tweede plek vir haar solo dansitem met ‘n persentasie van 89%. Lianie en haar groep behaal ook ‘n eerste plek vir hul groepdans.
EHS is trots op jul flinkvoetige passies en pragtige prestasies!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf