Gemengde spanne van EHS wat tydens die inwyding van die ErrieUnie Astro op die astro gespeel het.
Die ErrieUnie astro, van HoĆ«rskool Ermelo, se grondwerke het op Vrydag 10 Mei 2019 ān aanvang geneem. Die Erries voel besonder bevoorreg dat dit hul gegun is om ān FIH-standaard Balgotex semi-waterbasis astrobaan te kon bou.
Hul hartlike dank aan die volgende borge wat hierdie spogprojek moontlik gemaak het: die ErrieUnie Trust, Afgri, TWK, Pioneer, Werner en Ursula Potgieter, Comdi, Voermol, Oosvaal Landbou, Stefan van der Merwe, FPS-Diesel, Rand Agri, Ermelo-Oos Boerevereniging, CornƩ en Retha Basson, Louis Grobler, Johan Saaiman snr. en Johan Saaiman jnr., Wikus Cloete, Thinus Venter, John Burgers, Lood Swart, Cobus du Plessis, Kijima Construction, Winkelhaak, Pannar en Monsanto, asook al die Errie-ouers en leerders wat hul deel gedoen het deur kaartjies te verkoop.
Die doelwagterhokke is geborg deur die volgende persone:Ā FranĆ© en Elizma Swart, Jeremia en Thandi Mathebula, Elizia van Heerden, Yonette Fourie en Kyla Grobler, sowel as die matriekgroep van 1989.
Op Vrydag 15 November 2019 het opgewonde toeskouers en borge die inwyding van die ErrieUnie astro bygewoon. Die inwydingsfunksie is gehou ter viering en bekendstelling van die voltooiing van die astrobaan.
Pastoor ZD BĆ¼chling het die opening waargeneem waarna hy Jan Grey, die ErrieUnie se voorsitter, aan die woord gestel het. Jan Grey het meer besonderhede gedeel oor die ErrieUnie en verskeie projekte uitgewys wat reeds deur die ErrieUnie voltooi is.
Daarna het Jan Grey mnr. Pieter Grobler (hoof) aan die woord gestel en diĆ© het in sy spreekbeurt die ErrieUnie Trust van harte bedank en bygevoeg dat die astro geloof, hoop en momentum voorstel. Hy het die wens uitgespreek dat die Here ons kinders sal seĆ«n ā nie net op die baan nie – maar ook by die skool.Ā Mnr. Pieter Grobler het mnr. Mielies Grobler, die beheerliggaamvoorsitter, in die besonder bedank vir sy voorloop met hierdie projek. Mnr. Mielies Grobler het ook al die borge bedank vir hul onderskeie bydraes tot die projek. Daarna was dit tyd vir die groot hoogtepunt: me. Anna-Marie van Heerden het die inwyding waargeneem deur die lint te knip.Ā Sy is die enigste afrigter wat dit tot op hede kon regkry om sewe agtereenvolgende jaar die Erries met ān hokkiespan by Noordvaal te kon verteenwoordig. Haar hokkiespan is in diĆ© sewe jaar (2000-2006) ses keer as Mpumalanga-wenners aangewys en is ook met die Noordvaalbeker bekroon. Hul moes slegs een jaar die Noordvaal-beker deel.Ā Die oomblik toe me. Van Heerden die lint knip, het die Erries rooi, wit en groen ballonne die lug ingestuur.
Al die gaste is genooi om ān glasie sap te geniet terwyl die astro se water vir die eerste keer aangeskakel is.Ā Groot opgewondenheid het geheers! Twee wedstryde is daarna gespeel onderwyl die gaste ān ligte vingerete geniet het.
Dit was voorwaar ān geleentheid om op trots te wees en wat nog lank onthou sal word.