Foto: Arend Fourie beur voorentoe met die bal in sy hande met sy spanmaats wat daar is om hom by te staan
Erries stof rugbystewels af. Op Saterdag, 21 Augustus, het Hoërskool Ermelo se rugbyspanne na ‘n lang gewag en baie onsekerheid die voorreg gehad om in vriendskaplike wedstryde kragte teen Hoër Volkskool Heidelberg te meet.
Vir die graad 12-rugbyspelers was hul wedstryd ‘n bittersoet kragmeting, omdat dit die laaste rugbywedstryd van hul hoërskoolloopbaan was. Covid-regulasies het rugbyoefeninge vanjaar tot ‘n groot mate gestriem. Die uitdagende aard van die wedstryde het daarvan getuig.
Erries se o/15-span wen met 5 punte teenoor nul, terwyl die o/14-, o/17- en eerstespan met tellings van onderskeidelik 19-5, 19-7 en 22-0 die knie moes buig.
Die Erries is nietemin dankbaar om weer op die rugbyveld te wees en sien met verwagting uit na die res van die jaar se derbys.
Lees meer van Erries:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/