)

Erries stof hul rugbystewels af

Foto: Arend Fourie beur voorentoe met die bal in sy hande met sy spanmaats wat daar is om hom by te staan

Erries stof rugbystewels af. Op Saterdag, 21 Augustus, het Hoërskool Ermelo se rugbyspanne na ‘n lang gewag en baie onsekerheid die voorreg gehad om in vriendskaplike wedstryde kragte teen Hoër Volkskool Heidelberg te meet.

Vir die graad 12-rugbyspelers was hul wedstryd ‘n bittersoet kragmeting, omdat dit die laaste rugbywedstryd van hul hoërskoolloopbaan was. Covid-regulasies het rugbyoefeninge vanjaar tot ‘n groot mate gestriem. Die uitdagende aard van die wedstryde het daarvan getuig.

Erries se o/15-span wen met 5 punte teenoor nul, terwyl die o/14-, o/17- en eerstespan met tellings van onderskeidelik 19-5, 19-7 en 22-0 die knie moes buig.

Die Erries is nietemin dankbaar om weer op die rugbyveld te wees en sien met verwagting uit na die res van die jaar se derbys.

Lunga Cindi hardloop volstoom met die bal
Armand du Preez hardloop doelgerig met die bal terwyl sy spanmaats hom bystaan
Corné Janse van Rensburg pas ‘n duikslag toe en Arend Fourie is vinnig oppad om sy spanmaat by te staan

Lees meer van Erries:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal