Op Saterdag 12 Mei 2018 het Hoërskool Ermelo vir Hoërskool Secunda aangevat
op hul tuisveld. Elke Errie het sy/haar beste gegee.
Hier volg die dogtershokkie se uitslae:
o/14 A wen 4 – 1. Danel Olivier, Kayla van der Meyden, Caylin Loock en Carla Ferreira teken hierdie span se doele aan.
o/15 A wen 5 – 1. Hierdie span se telling was halftyd 1 – 1. Errie-guts is die geheim van hierdie jong spannetjie. Baie geluk aan Chané Bester wat 3 doele en Anke de Kock wat 2 doele vir hul span aanteken.
o/16 A wen 1 – 0. Hierdie span het van die afslaan af die wedstryd oorheers. Uitstekende samespel was duidelik sigbaar in hul wedstyd. Baie geluk aan Meghan Houy wat die doel aangeteken het.
Die 2de span wen 7 – 0. Praghokkie en eenheid in hierdie span was merkbaar vandat die eerste fluitjie geblaas is. Baie geluk aan Yonette Fourie en Clariz Olivier wat elk 2 doele aangeteken het en Zelné de Jager, Gerzanda Fourie en Jani Hattingh wat elk 1 doel geslaan het.
Die 1ste span verloor 1 – 2. Hierdie span was ongelukkig om hierdie wedstryd te verloor. Ansu Klopper teken hierdie span se doel aan.
Die netbaldogters het hard geveg en die B-spanne speel elk twee wedstryde. Die tellings is soos volg: (EHS se tellings is eerste)
o/14A: 6-16
o/14B: 6-18 (vs Secunda o/14B); 11-11 (vs Secunda o/14C)
o/15A:6-24
o/15B: 2-20 (vs Secunda o/15B); 11-6 (vs Secunda o/15C)
o/16A: 8-19
o/17A: 2-17
Tweedespan: 6-7 (vs Secunda Tweedes); 18-3 (vs Secunda Derdes)
Hoërskool Ermelo Calstar Eerste-netbalspan: 23-25. Hierdie wedstryd was besonder hard en die EHS-dogters het geweier om te gaan lê.
Die rugbyspanne van EHS trek swaar, maar wys Errie-guts ten spyte van die harde wedstryde. o/14A-span verloor 28-17. Tiaan Grobler druk twee drieë en Juan-Paul Labuschagne een. Laasgenoemde skop ook een doelskop oor.
Die o/14B-span wen oortuigend met ‘n besondere telling van 47-0. Thobekani Mbokane en Sihle Nkambule druk elk drie drieë en Msizi Hlope een. Edrick van der Westhuizen skop al ses doelskoppe met groot sukses oor.
In die o/15A-span teken Sfiso Mahlangu een drie aan en Arend Fourie twee, wat die Erries se telling op 15 laat teenoor Secunda se 26.
Die o/16A-span verloor na ‘n harde stryd met 21 punte teenoor 17. Rabbie Marsh en Luke Bulford druk elk ‘n drie en Hardus Rothman skop ‘n doelskop, sowel as ‘n strfskop oor.
Die o/16B-span verloor ongelukkig met 5-28 en Buhle Manana teken vir die span hul drie aan.
EHS se tweedespan speel aanskoulike rugby en na ‘n bitter taai wedstyd verloor hulle ongelukkig met slegs een punt: 26-27 Tyron Dewar (foto bo), druk twee drieë en Surprise Nkosi en Teno Chigede elk een. Surprise Nkosi skop ook drie doelskoppe oor.
Die Hoërskool Ermelo Highveld Nashua Eerste-rugbyspan moes ongelukkig die knie buig en verloor met ‘n telling van 65-3.
Dankie aan elke Errie wat deel was van die naweek se sport.
Become a Sponsor












