Op Woensdag, 25 April 2018 het Hoërskool Ermelo se Jeugskouleerders aan die tweede streekskou deelgeneem te Morgenzon Landbou Akademie. Hulle het, soos Erries dit doen, die skool se naam hoog gehou.
Kayla Lourens, graad 10-leerder het ‘n eerste plek in die Senior sierduif-afdeling verwerf en haar broer, Divan Lourens, graad 12-leerder, behaal ‘n vierde plek in die Senior konyn-afdeling.
Albei hierdie leerders is deur na die volgende rondte.
Die Erries is besonder trots op hulle en weet dat hulle van die volgende rondte ook ‘n sukses sal maak. Baie sterkte.
Become a Sponsor










