Hoëskool Ermelo se hokkiespelers het die voorreg gehad om op Vrydag 9 April en Saterdag 10 April die Nedstar SA-kliniek onder leiding van Omari Pienaar te kon bywoon op EHS se astrobaan.
Al die hokkiespanne het nuwe vaardighede en tegnieke ingeoefen tydens die vaardigheidsessies, waar die Nedstar-afrigters moeite gedoen het met elke span. Hierdie bekwame afrigters het leiding aan elke span en afrigter gegee tydens wedstryde.
Al die Erries se hokkiespanne is gereed vir die liga en sien uit om hierdie jaar weereens uitnemende hokkie te speel.