Vanaf 25 tot 29 Junie het CJ van Huyssteen van Hoƫrskool Ermelo vir die o/15A-Pumaspan in Vanderbijlpark gespeel. Hulle het al drie hulle wedstryde gewen en is as wenners van die toernooi aangekondig.
Tiaan Grobler en Diederik van der Walt toer saam met die o/15B-Pumaspan vanaf 24 tot 29 Junie ook na Vanderbijlpark. DiƩ span wen twee van hulle drie wedstryde.
Die Grant Khomo-span (o/16A-Pumaspan) het vanaf 23 tot 28 Julie na Witrivier getoer en CornƩ Jansen van Rensburg verteenwoordig die Erries by die span. Hulle wen twee van die drie wedstryde en CornƩ word as man van die wedstryd aangewys tydens die wedstryd teen die Griekwas.
Twee van die Erries se rugbysterre, Walter Visser en Mitchelson Mkwanazi, was vanaf 1 tot 6 Julie deel van die Cravenweek (o/19A-Pumaspan) wat in Bloemfontein by Grey College gaan toer het. Hierdie span wen hul drie wedstryde en die Erries speel uitstekende rugby vir die span.
Baie geluk aan elkeen van die seuns wat by die onderskeie plekke Hoƫrskool Ermelo verteenwoordig het. EHS is besonder trots op julle!
Foto bo: Mitcheson Mkwanazi en Walter Visser