Cornus van den Berg en Johan Nel, albei graad 10-leerdres van Hoërskool Ermelo, het op 4 tot 7 Oktober 2017 die geleentheid gehad om aan die somerweek van die Hoëveld 7’s-rugby te gaan deelneem by Hoërskool Die Wilgers in Pretoria.
Die span het 12 wedstryde gespeel, waaruit hulle 11 gewen het. Altesaam teken hulle 260 punte aan en staan slegs 80 punte af.
Die Hoëveld se o/16-rugbyspan, waarvan Johan en Cornus lid is, speel in die finaal en spog met ‘n oorwinning van 50 – 12 teen Noord-Vrystaat. Die span word ook aangewys as wenners van die toernooi!
Johan Nel is gekies vir die Panthers o/19-rugby league-span wat in 2018 na Dallas, Amerika gaan toer.
Baie geluk! Die Erries is besonder trots op julle!
Erries Rock!!
Foto hierbo: Links is Johan Nel en regs in Cornus van den Berg