Die Ekonomie-leerders van Hoërskool Ermelo, het op Woensdag, 18 Oktober 2017 deelgeneem aan die Nasionale SNAP besigheids-simulasie wat aangebied is deur Impact Financial Training Academy.
In die ses ure spel van 3 rondtes het die leerders in spanne van 6 teen mekaar meegeding.
Die doel van die spel is om leerders toe te rus met praktiese entrepreneurskapsvaardighede. Die simulasie is gegrond op ‘n bankrot lugredery wie se finansiële posisie in hierdie 3 rondtes na ‘n winsgewende uitkoms verander moes word!
Die wenspan vir die dag het bestaan uit Ahnia Boshoff, Dané du Plessis, Leané von Wielligh, Francois du Plessis, Owami Mahlangu en Sibusiso Mathibela.
Die 4 spanne saam se gemiddelde prestasie word in ag geneem vir die Nasionale ranglys en die Erries is trots dat ons skool op nasionale vlak ‘n agtste plek in neem!
Geluk, Erries! Ons is trots op julle!
Foto hierbo:
(vlnr) Ahnia Boshoff, Dané du Plessis, Leané von Wielligh, Franois du Plessis, Owami Mahlangu en Sibusiso Mathibela
Become a Sponsor










